Wie Is Ons (feat. Wynand Strydom) - Joe F

Viewed 0 times


Print this lyrics Print it!

     
Page format: Left Center Right
Direct link:
BB code:
Embed:

Wie Is Ons (feat. Wynand Strydom) Lyrics

We don't have this lyrics yet, you can help us by submit it
After Submit Lyrics, Your name will be printed as part of the credit when your lyric is approved.

Submit Lyrics

Lyrics provided by LyricsEver.com
MEDIAVRYSTELLING

Datum: Februarie 2012
Uitgereik deur: Vonk Musiek
Vir meer inligting, kontak STARS ON STAGE
0842064064
starsonstagesa@gmail.com


JOE F – HOU MY VAS

Joe F is die verkleurmannetjie van die musiekwêreld; ‘n kunstenaar wat nie toelaat dat hy in ‘n boksie met ‘n eendimensionele etiket verpak word nie. Die kragdadige sanger met die rasperstem het as liedjieskrywer én sanger die vermoë om sy eie grense met die grootste gemak te verskuif. Sy tweede album by Vonk Musiek, Hou My Vas, is ‘n bielie van ‘n versameling wat soos musiekdinamiet vir ‘n oor-tot-oor-ontploffing sorg.

“My musiek is baie soos ‘n tydlyn van my lewe. Ons elkeen groei,” vertel die sanger wat glo dat sy liedjies hom kies. “My aanhangers groei saam met my. Ons was eers in ons rock-stadium, ons rebelse stadium, ons kalm-word-stadium en nou is ek op ‘n stadium waar my vriende en familie vir my kosbaar is.”

Sou ‘n mens Joe F as ‘n rocker wou stereotipeer, wys hy met die album Hou My Vas dat sy talent wyer strek as die treffer Vliegmasjien (van sy vorige album en wat weer hier ingesluit is). Met die openingsnit Jy is my vrou sing hy ‘n stryker-begeleide ode aan sy lewensmaat: “Jy is my vrou, hier in my arms toegevou...”

Miskien pols ook van die liefde en bekoring en illustreer ‘n heel ander faset van dié Pretorianer – hy is ‘n ballade- en minnesanger wat met klank en liriek menige knieë kan laat lam word. Die titelsnit is egter ‘n hoë-oktaan-treffer waarin pop en rock teen ‘n vuurspuwende ritme met Joe F se stomende stemwerk gekombineer word.

Super Rugby Man, wat voorheen op die versamelalbum Greatest Rugby Hits saam met goue oues van onder andere Toto ingesluit is, is nou vir die eerste keer op Joe F se eie album. Daarmee saam sing hy ‘n Engelse snit, I Miss You, met die aktrise Carla Else wat eersdaags in Getroud met rugby te sien sal wees. “Ek en Carla is goeie vriende wat een aand sommer net vir die grap saamgesing het en besef het ons klink nogal goed saam. Ons wou albei graag hierdie liedjie saam opneem en kyk hoe ver ons dit kon vat.”

Dit is vir Joe F ‘n voorreg as hy iemand met sy Godgegewe talente kan roer. Hy was immers net drie jaar oud, toe hy in die kerk met oortuiging verklaar het dat hy as sanger en musikant sy brood en botter gaan verdien. “Die dominee het my gevra wat ek gaan doen as ek eendag groot is. Ek het dadelik gesê: ‘Sing en dans!’ ”

Hou My Vas is ‘n kraakvars album wat oorloop van die treffers – liedjies wat nes sy voorganger, maande nadat dit die winkelrakke getref het, steeds die top10-lyste gaan haal. Waar soveel ander musiekmakers stagneer of aan hul resepteboeke vasklou, is Joe F in ‘n melkweg van sy eie waar hy skitter met musiek wat al die kleure en klanke van die heelal weerspieël.


www.joef.co.za

Besprekings hanerreira@hotmail.com
0842064064
Read more on Last.fm. User-contributed text is available under the Creative Commons By-SA License; additional terms may apply.

View All

Joe F